Tussen geleentheid en uitdaging. Die Nederlandistiek in Suid-Afrika

Door Wannie Carstens en Nerina Bosman
Een vertaling in het Nederlands staat hier
Die lot van die studie van die Nederlandse taal en kultuur is in Suid-Afrika onlosmaaklik verbonde met dié van Afrikaans, wat onder druk staan. Die Nederlandistiek in Suid-Afrika het dus te make met ’n paar uitdagings, maar daar is nog steeds groot potensiaal. Die belangstelling en die samewerking met Vlaandere en Nederland is wel daar, maar dit kan nog altyd uitgebrei word.
Die Nederlandse impak op die geskiedenis van Suid-Afrika is goed bekend en die Nederlandse nalatenskap uit die VOC-tydperk is steeds aanwesig in die hedendaagse Suid-Afrika, byvoorbeeld in dorpsname, soos Amersfoort, Amsterdam, Delft en Gouda en in die name van plase of woongebiede, soos Dalzicht, Meerendal, Fraaie Uitzicht, e.a. Nederlandssprekende besoekers aan Suid-Afrika sal ook ʼn mate van bekendheid hê met wat hulle ervaar as hulle in die land aankom. Die taal sal bekend ‘klink’, maar daar sal tog onduidelikhede in woordeskat en uitspraak wees, net genoeg om te laat blyk dat Afrikaans en Nederlands wel verwant is, maar dat hulle tog aparte tale is. Dit is juis hierdie historiese taal- en kulturele verwantskap – sigbaar in die woordeskat, morfologie en klank- en sinstrukture – wat die lang verbintenis tussen die universitêre Neerlandistiek en Afrikaanse taal- en letterkunde moontlik gemaak het.
Lees verder >>
Recente reacties