Afrikaans kom van vêr af
Door Michael le Cordeur
Daar heers ’n groot debat in Suid-Afrika oor die toekoms van Afrikaans as onderwystaal. In hierdie debat word daar dikwels vinger gewys na bruin mense en veral bruin leiers oor hul “stilswye” in die debat.
Die punt word veral gestel dat bruin mense die grootste komponent uitmaak van die totale Afrikaanssprekende gemeenskap.
Omdat ek nog altyd van mening was dat bogenoemde ’n aanvegbare stelling is, het ek en Wannie Carstens reeds in 2015 begin praat oor ’n gedenkboek opgedra aan prof. Adam Small met die tema: Die bydrae van bruin sprekers van Afrikaans tot die ontwikkeling van Afrikaans as taal.
Ek het talle skrywers uit hoofsaaklik die bruin gemeenskap genader om betrokke te raak. Die reaksie uit die bruin gemeenskap het ons wildste drome oortref en ons moes streng keuring toepas om die boek tot 36 hoofstukke te beperk. Lees verder >>
Recente reacties