Regtstelling

Hiermee ’n klein regstelling oor die deelname van Judith Westerveld aan die bekendstelling van Die storie van Afrikaans, deel 2 op Dinsdagaand 21 Mei by Zuid-Afrikahuis in Amsterdam. Sy gaan wel die kortfilm “Mukalap” vertoon (eerder as die vroeër aangeduide “Someone’s mother tongue”) en dit handel oor een van die verdwene Khoi-tale – www.judithwesterveld.nl/mukalap.html.  Ons vra om verskoning vir die foutiewe inligting.