Nee, my ou suikerpot, die lewe is nie net skanghagha nie

Door Jana Luther

Die meeste van die tale wat aan ons bekend is, bestaan uit verskillende variëteite. Naas die standaardvariëteit – wat gewoonlik so volledig moontlik ontwikkel word om deur soveel as moontlik gebruikers verstaan te word en soveel as moontlik van die funksies te verrig wat ’n mens van ’n taal kan verwag, veral in formele kontekste – beskik die meeste tale ook oor:

  • dialekte en geolekte, verskillende vorme van taalgebruik wat in verskillende dele van ’n land of taalgebied gebruik word (en soms selfs as verskillende tale beskou word); en
  • sosiolekte (groeptale, mengtale en geheimtale), wat met verskillende sprekersgroepe verbind word.

Soos ’n rivier waarin verskillende strome ineenvloei, word elke taal deur uiteenlopende en ineenlopende omgangstale gevoed; variëteite van die taal wat verskillende groepe en subkulture gebruik om kommunikasie tussen hulle te vergemaklik – of te bemoeilik. Terwyl elke individu boonop sy of haar eiesoortige taal gebruik, wat ’n idiolek genoem word. Sonder al hierdie strome is daar geen taal nie.

Naas die standaardvariëteit van Afrikaans, bestaan Afrikaans ook uit Kaaps, Oranjerivierafrikaans en Oosgrensafrikaans. Op die platteland word Kontrei-afrikaans gepraat. Tieners praat Tienerafrikaans; hulle skryf SMS-taal. In die Kaap, veral, maar ook elders in die land, gebruik gay mans soms Gayle, ’n mengsel van Afrikaans en Engels wat grotendeels uit die speelse gebruik bestaan van vrouename, wat die sprekers gedurig, na hulle behoeftes, verander, aanpas en uitbrei.

Om na konkrete dinge te verwys, wedersydse begrip te bewerkstellig, het daar, waar mynwerkers met mekaar moet kommunikeer, uit Engels, Afrikaans en Zoeloe die pidgin Fanagalo ontstaan. Of is dit Fanakalo? Die Afrikaanse woordelys en spelreëls gee uitsluitsel:

  • Fanagalo of Fanagalô of Fanakalo of Fanakalô (taalbenaming)

In die binneland, waarheen Oosgrensafrikaans versprei het, veral in die swart stedelike gebiede van Gauteng met die destydse Sophiatown as middelpunt, het daar, in die 1940’s, Tsotsitaal ontwikkel: ’n mengtaal wat vandag nog, in en om Johannesburg, en ook elders in die land, die gemeenskaplike kommunikasiemedium van mense met verskillende moedertale is.

  • Tsotsitaal (taalbenaming)

Flaaitaal, ’n variant van Tsotsitaal met Afrikaans as basis (naas Scamto, waarvan Zoeloe die hoofbestanddeel is) word veral deur jong swart gevangenes in tronke gepraat:

  • Flaaitaal (taalbenaming)
  • Tsotsi-Afrikaans of Tsotsiafrikaans (taalbenaming)

Nes die tronktaal Sabela, wat veral in die suide van die land gebruik word.

  • Sabela (geheime taal)

En wat ook as werkwoord ingespan kan word:

  • sabela, ge-

Vir Netwerk24 skryf Tobie Wiese (17 Oktober 2013) oor dié geheime taal van lede van die sogenaamde nommerbendes. Franse (“nuwe rekrute”) moet die taal as deel van hulle inlywing aanleer. Ook Heather Parker Lewis belig, in haar boek God’s gangsters?: the history, language, rituals, secrets, and myths of South Africa’s prison gangs, die ontstaan van dié (vir buitestanders grotendeels onverstaanbare) taal. Want die geskiedenis van Sabela, wat teruggevoer kan word na die beginjare van Johannesburg en terug te vind is in die “nommers” se groot “Makhulu Book”, is inderdaad fassinerend.

Al vir langer as honderd jaar word die reëls en voorskrifte van die legendariese bendeleier Mzozephi Mathebula deur die lede van verskillende bendes mondelings oorgelewer:

Mathebula is in 1867 in die destydse Natal gebore. Hy het as vondeling grootgeword en het as tiener na die Goudstad weggeloop. In die toentertydse Turffontein het hy huisgehou vir vier wit skelms, by wie hy as Jan Note bekend was. As gewoontemisdadiger het Mathebula later, saam met ’n bende van ongeveer 200 man (Umkosi wa Ntaba, die “Regiment van die Heuwels”), uit grotte suid van Johannesburg gewerk. Daar het hy homself tot Nongoloza, “die Verhewe Een”, herdoop. Vir sy bende rowers het Nongoloza ’n eed van broederskap laat aflê. In die beginjare van die 20ste eeu – in die tyd van die Anglo-Boereoorlog – het hy hulle soos soldate laat oefen en marsjeer, en hulle ’n geheime taal leer praat: ’n mengelmoes van Zoeloe, Afrikaans, Xhosa en Engels.

Deur die oordrag van bendegeslag tot bendegeslag van Nongoloza se verhaal, en sy voorskrifte en reëls, is ’n variëteit van Afrikaans geskep waarna prof. Frank Hendricks van die Universiteit van Wes-Kaapland as “Tronkafrikaans” verwys: ’n “Suid-Afrikaanse bargoens of diewetaal, ’n geheimtaal, waarin dit nie gaan oor die korrektheid van die taal nie, maar oor die nut daarvan, want vir die bendelede is dit ’n meganisme om lede in te sluit en nielede uit te sluit” (Wiese 2014).

“Sabela […] is meer as net ’n taal, dit is eintlik die eerste stap na jou nuwe lewe in die tronk,” vertel ’n 32-jarige oudgevangene in 2016 aan Taalgenoot. Ter verdoeseling word daar aan Afrikaanse woorde nuwe betekenisse geheg, soos koeksusters vir “seksmaats” en wyfie vir ’n “man wat die vroulike of passiewe seksmaat speel”. Neologismes, wat hulle self skep, help gevangenes om aan hulle werklikheid gestalte te gee, saam met elemente van mites en sprokies.

Uit die verhaal van die ontstaan van die bende 28’s se groen-en-rooi vlag haal Wiese byvoorbeeld die volgende gedeelte aan (ek pas sy woorde effens aan):

Nongoloza het gebaleka (“gehardloop”) oor ’n grasgroen veld. Die gazi (“bloed”) het geloop en ’n dik rooi streep agtergelos. En daar word sy vlag lewendig! Die hemel en aarde het geskeur, en ’n ster het uit die lug geval tot voor op Magubaan se kop.

“Die Nommers se verhale is ’n lewende mitologie,” skryf Tertius Kapp in die voorwoord van sy drama Rooiland. Die opvoering van hierdie stuk in 2011, en toe weer in 2013, asook die verfilming daarvan, het aan teatergangers en kykers ’n ontstellende blik op die lewe van tronkbendes agter tralies gebied. Vir Rooiland het Kapp verskeie pryse ontvang, onder meer die SA Akademie se gesogte Hertzogprys vir drama.

Soos dit met Sabela in Rooiland die geval is, word, veral in Engelse romans en kortverhale, ook Tsotsitaal literêr ontgin. Van liefdesgedigte deur Sipho Sepamla tot Athol Fugard se Tsotsi (1983), wat in 2005 verfilm is, en wat met niks minder nie as ’n Oscar as beste buitelandse film bekroon is.

“Want dit is nie net ’n toneelspel nie. Dit is ’n werklikheid” (Tertius Kapp).

In hierdie lig beskou, vind ek dit nogal moeilik om te verstaan waarom die toevoeging van ’n enkele woordpaar tot die nuwe Afrikaanse woordelys en spelreëls (’n skamele twee uit altesame 34 077 inskrywings in die woordelys van die 2017-uitgawe) bruin akademici en skrywers so omkrap.

Die insluiting van Sabela en skanghagha in die nuwe AWS slaan mense behoorlik dronk, berig Son op Sondag 6 Augustus. Die bekroonde digter en skrywer Diana Ferrus vra: “Wat beteken hierdie woorde? Daar is soveel negatiewe konnotasies wat met ‘sabela’ en ‘skanghagha’ gepaard gaan. Dis gangster-taal en ons mense is mos nie gangsters nie. […] Was hierdie samestellers dan in die gangsters’ paradise waar hulle hierdie woorde gaan haal het?”

Ook prof. Hein Willemse, van die Universiteit van Pretoria se Afrikaansdepartement, sê dat hy die insluiting van dié twee woorde in die AWS nie verstaan nie.

  • skanghagha (in die haak)

Is die misverstand dalk daaraan te wyte dat die taalnaam Sabela en die spelkwessie skanghagha (nie *skangaga nie, want uitspraak) hier aan die ganse variëteit Kaaps gelykgestel word?

Dan, nee, natuurlik gebruik nie alle Kaapssprekendes dié woorde nie.

Maar: Is dit werklik so dat tronk- en bendetaal “amper nie eens meer deur vandag se jong mense op die Kaapse Vlakte gebruik [word] nie,” soos Ada James van die UWK se fakulteit opvoedkunde in Son se Sondagberig aangehaal word?

In sy toespraak by die bekendstelling van Kaaps in fokus, die eerste boek waarin akademici uit verskillende invalshoeke oor Kaapse Vernakulêre Afrikaans skryf, stel prof. Hendricks, een van die boek se twee redakteurs, twee belangrike punte:

  1. dat Kaaps nie ’n taal náás Afrikaans of Engels of enige ander Suid-Afrikaanse taal is nie, maar wel ’n variëteitsonderskeiding van Afrikaans as heterogene taal; en
  2. dat Kaaps as variëteit van Afrikaans op sigself heterogeen is.

“Dienooreenkomstig is daar ’n skadulewe-register as ’n prominente registeronderskeiding in Kaaps te onderskei [nes ook ander variëteite hulle skaduregisters het]. In aansluiting by Anastasia de Vries [‘Kaaps, taal van my HART’, Perspektief. Rapport. 23 Julie 2006] is Kaaps ten opsigte van gebruik van leksikale items en uitdrukkings, metafories gesien, ’n spons wat invloede uit ander spreekkodes soos gay-, straat-, bende- en tronktaal opsuig” (Hendricks en Dyers, 2016: 21).

Dus, nee: Sabela word nie (meer) nét in tronke gepraat nie, maar ook deur oudbendelede daarbuite. Op die Vlakte kry bendes steeds meer lede by, en baie kinders word van jongs af aan hierdie bendelede blootgestel – daarvan kan menige ouer en onderwyser getuig. In Taalgenoot vertel die oudbendelid “Bertie”: “Op skool het ek betrokke geraak in ’n gang. So het ek die taal (Sabela) begin hoor [al het hy dit toe nog nie verstaan nie].” In die tronk het dit hom ’n jaar geneem om die taal baas te raak, en nog drie jaar om “in die Nommer geskool te raak”.

Hoewel dit bedoel is om vertroulik te bly, sypel woorde uit Sabela dus ook deur na ander variëteite van Afrikaans.

Nie net na Kaapse Afrikaanse nie, maar ook na van die ander variëteite. Ja, selfs na Standaardafrikaans. Op 25 Oktober 2013 twiet die oud-RSG-radioman Cobus Bester, byvoorbeeld:

Afrikaans word leksikaal uit verskillende gebruiksfere gevoed, ook uit die “skadulewe wat ’n “vrugbare teelruimte is vir veral leksikale innovasies en vernuwende uitdrukkings” (Hendricks en Dyers: 2016:21).

Saam met Hendricks en Dyers bepleit ek ’n “groter bewuswees van die variasie binne Afrikaans en, daarmee saam, die omarming van ’n polilektiese (oftewel inklusiewe) benadering” tot linguistiese beskrywing.

Die werk van ’n woordeboekmaker, en die werk van ’n Taalkommissielid, is nié om ’n gunstige beeld oor elk van Afrikaans se variëteite uit te straal nie. Dit is nie hoe woordeboeke werk nie. Dit is ons werk om waar te neem, en om dit wat ons waarneem – van soveel van die taal as wat ons maar kan – so akkuraat as moontlik te beskryf. Nie net die goeie dinge nie, maar ook die slegte, en die lelike.

Soos Wilma Stockenström in een van my gunsteling- Afrikaanse gedigte skryf: “Die lewe is nie net soet nie, die suur kom etsend by”.

Dit bericht is geplaatst in column met de tags , . Bookmark de permalink.

5 reacties op Nee, my ou suikerpot, die lewe is nie net skanghagha nie

  1. Mient Adema schreef:

    Of ik dit stuk ten volle heb gesnapt, weet ik niet, maar na lezing zie ik een dame met haar oude suikerpot babbelen over het leven, waarin toch niet alles rozengeur en maneschijn is. Blijkbaar is die suikerpot van mening dat alle talen mooi zijn. Dat zie je toch niet goed, wijst de dame de suikerpot terecht, want kijk maar eens hoe die boeven met hun bargoens onze talen hebben geïnfecteerd en hoe andere bevolkingsgroepen hun geestelijke bagage in onze communicatiekanalen hebben achtergelaten. Dat zit elkaar hier in Zuid-Afrika maar te bestoken met elkaars spreek- en spraakgewoontes en als je het mij vraagt, zegt ze er nog bij, weten ze dat zelf niet eens.
    De suikerpot denkt na. Hij was er toch voor de suiker, het zoet, het lekkere en het mooie? En nu komt mevrouw met een verhaal over het zuur dat er etsend bij komt. Zuur dat etst en zich invreet, zoals lelijke woorden zich kunnen invreten in een taal. En ook nog de bitterheid, want taal heeft vele variëteiten. Klaar ben ik ermee, als suikerpot.
    Als woordenboekmaker zul je een beetje slecht moeten kunnen denken om alles so akkuraat moontlijk te beskryf…..eh, pardon, zo accuraat mogelijk te beschrijven. Mijn taal wordt nu al, na lezing, enigszins geëtst.

    Ik vroeg mij af of dit de essentie is. Ik zag tegen het taaltje op, maar vond het ook vermakelijk en leerzaam. De bijl heeft zich van vele letters, achtervoegsels en dat soort taalelementen meester gemaakt, maar mijn enige houvast uit het verleden is het gedicht over de mukietejag die menig leerling ooit voor de klas mocht declameren. En da’s natuurlijk helemaal nie veel nie.

    • Mient Adema schreef:

      …het gedicht over de muskietejag dat…#bestebreister

      • Drabkikker schreef:

        Een woordenboekmaker die het over “het taaltje” heeft. Schaamt u zich niet?

        • Mient Adema schreef:

          Een verkleinwoord als uiting van liefkozing. Ja, ik schaam mij voor de niet uitgesloten depreciatieve bijbetekenis, hoewel ik eigenlijk geen woordenboekmaker ben. Bij dezen dan.

          • Mient Adema schreef:

            De beschuldiging maalt al enige dagen door mijn hoofd en ik probeer de drift van de kikker te begrijpen. En ineens is het me duidelijk: niet het feit dat ik het Afrikaans misschien als een minderwaardige taal zou beschouwen, maar de aanname dat woordenboekmakers met een zekere minachting zouden aankijken tegen het object van hun studie/bezigheid vormde het struikelblok.
            Voor de helderheid wil ik er dan aan toevoegen dat in de contekst het bezigen van de term “taaltje” niet op het studievoorwerp van woordenboekmakers in zijn algemeenheid sloeg, maar op het Afrikaans zelf. Met het gebruik van het verkleinwoord “taaltje” heb ik niet meer willen zeggen dan dat onder alle talen het Afrikaans als het ware het pareltje is dat je het liefst in een doosje zou willen doen. En daar schaam ik me natuurlijk niet voor, anders had ik me dat verhaal wel kunnen besparen. Liefkozing en koestering, dat moest van die verkleining uitgaan.

Laat een reactie achter